Linde Bronne

Die geslagsregister van die Linde-familie is aanvanklik beskryf in die volgende twee boeke:

Linde, JC 1980. Die geslagsregister van Georg Fredrik Linde (Vrystaatse Lindes). Privaat uitgegee deur die skrywer, Posbus 6091, Weltevredenpark 1715.

Linde, JC 1984. Die geslagsregister van Hans Jürgen Linde (Swellendamse Lindes). Privaat uitgegee deur die skrywer, Posbus 6091, Weltevredenpark 1715.

Die Linde-nuus verskyn minstens drie keer per jaar met inligting en nuus oor die familie en sy lede.

Uitgawes wat reeds verskyn het, kan in hierdie webwerf gevind en gelees word. Klik HIER

Om die nuusbriewe voortaan elektronies per e-pos te ontvang, klik HIER

Linde Familie WapenLinde Wapen in KleurDie familie-wapen is op 18 Desember 1978 amptelik by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

Die wapen word soos volg beskryf: “Wapen – in groen, drie gestengelde lindeblare gaffelsgewys aanstotend, en ’n skildhoof, alles van silwer.”

Uit die familiewapen van die Lindebond kan individuele gesinne nou hulle eie gesinswapens laat ontwikkel.

Dr Hannes Linde Gesins WapenDie eerste gesinswapen wat op hierdie wyse ontwikkel is, is dié van dr Hannes Linde van Johannesburg. ’n Weergawe daarvan in wit en swart verskyn hier.  (’n Kleurweergawe kan mettertyd voorsien word.)



Gesinne wat daarin belangstel om ’n eie gesinswapen te laat ontwikkel en registreer, kan direk met dr Hannes Linde skakel, wat inligting oor die hele proses sal voorsien. Sy kontakbesonderhede is: Dr JC Linde, Posbus 6091, Weltevredenpark 1715, Tel 011 782 7864.

Foto’s oor belangrike dokumente en voorwerpe van die Lindebond verskyn hier.

Inhoud word nog bewerk

Inhoud word nog bewerk