Oktober 2017

Fees 14: 6 tot 8 Oktober 2017 te Florisbad

1. Die tweede Lindefees by Florisbad

In 2013 is ’n geslaagde en aangename Lindefees by Florisbad gehou. Dit het na vier jaar tyd geword om weer so te maak. Basie Linde en Annatjie Fourie en hulle helpers het goeie werk gedoen met die reëlings.

2. Program

VRYDAG, 6 OKTOBER 2017

16:00   Aankoms en kennismaak

18:00   Eie ete in die restaurant met kuier en gesels daarna

SATERDAG, 7 OKTOBER 2017

10:00   Aankoms van dagbesoekers en saamkuier

12:00   Wors en brood op die kole

14:00   Linde-vergadering, Linde-foto’s, kuier en gesels

18:00   Spitbraai en heerlike aandete

19:00   Kuier, musiek, dans

SONDAG, 8 OKTOBER 2017

09:30   Erediens gelei deur Peet van Heerden (Vrystaatse Linde en lid van die reëlingskomitee van die heel eerste Lindefees by Mazelspoort in 1977)

12:00   Middagete, groet en vertrek

3. Kenmerke van die fees

Bywoning: Die fees is deur 76 persone bygewoon. Daar was goeie verteenwoordiging van albei vertakkings, maar soos verwag kan word was die Vrystaters in die meerderheid. Veral verblydend was dat heelwat mense opgedaag het wat nog nie voorheen ’n Lindefees bygewoon het nie. Daar was ook heelwat jongmense en kinders.

Nuwe voorsitter: Tydens die fees is Derik Linde van Kemptonpark as die nuwe voorsitter van die Lindebond verkies. Hy volg Hans Linde van Wellington op wat vir vyftien jaar as voorsitter opgetree het. Hans is steeds lid van die komitee en dien as sekretaris/penningmeester.

Komitee vergroot: Die Linde-vergadering het goedgekeur dat die komitee uitgebrei word tot agt persone, vier uit die Swellendammers en vier uit die Vrystaters. Dit is gedoen om jonger persone die geleentheid te gee om in die komitee te dien. Die komitee bestaan nou uit die volgende persone: Derik Linde (Swellendammer, voorsitter), Annatjie Fourie (Vrystater, ondervoorsitter), Hans Linde (Swellendammer, sekretaris/penningmeester), Basie Linde, Pierre Linde, Linde Fourie (Vrystaters) en Corné Linde en Mari-Oni Greyling (Swellendammers).

4. Vordering met die Lindebond se sake

Linde-fonds: Die batige saldo van die Lindes se fonds het sedert 2013 met 29.3% gegroei van R28 869 tot R37 339 in 2017. Die feesgangers het dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het.

Linde-register: Die Linde-register bevat tans besonderhede van 3 970 persone. Dit is ’n groei van 10.1% sedert die vorige fees in 2013. Hoewel daar baie Lindes is wat gegewens aangestuur het, is daar nog meer wat net nie op versoeke reageer om besonderhede te verskaf nie.

Linde-kontakte: Die kontak-kanale het gegroei tot 329 epos-adresse en 236 lede van die Facebook-blad. Daarby ontvang 62 persone steeds die Linde-Nuus per landpos. Dit beteken dat die Linde-familie een van die aktiefste familiegroepe in die land is.

Die vergrote Linde-komitee wat tydens die fees in 2017 gekies is. Van links staan Annatjie Fourie (ondervoorsitter), Mari-Oni Greyling, Linde Fourie, Derik Linde (voorsitter), Basie Linde, Corné Linde, Hans Linde (sekretaris/penningmeester) en Pierre Linde

Die oorkonde word deur Derik Linde (links, namens die Swellendamse Lindes) aan Jurie Linde (namens die Vrystaatse Lindes) oorhandig.

’n Kenmerk van die fees was die kinders en jongmense wat saam kom feesvier het. Agter staan Barco en Michau Fourie, voor hulle is Annemé en Nerika Casaleggio en voor staan Miné, Miana en Mattheas Fourie.

Lekker eet is ’n belangrike deel van elke fees. Hier skep Corné Linde, Elsie Fourie, Estelle Swanepoel, Abri Nieuwoudt en Sunette Botha by die spitbraai-ete.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

8 − 1 =