Fees 7: 22 tot 24 September 1995 te Mount Amanzi
1. Streekfees naby Hartbeespoortdam
Ds Kobie Linde en sy vrou Engela het die leiding geneem om hierdie fees te reël. Hulle is bygestaan deur hulle kinders, veral Nap en Louise Mayer, en deur Sunette Botha en Elsabe Kromhout.
2. Program
VRYDAG, 22 SEPTEMBER 1995
14:00 Aankoms en aanmelding
18:00 Eie aandete
19:00 Kennis maak en kuier
SATERDAG, 23 SEPTEMBER 1995
09:00 Eie ontbyt
10:00 Besoek aan De Wildt-jagluiperdplaas
13:00 Eie middagete
16:00 Amptelike byeenkoms (Linde-vergadering)
18:00 Skaapbraai, kuier en dans
SONDAG, 24 SEPTEMBER 1995
09:00 Eie ontbyt
10:00 Erediens
12:00 Buffet-ete
3. Kenmerke van die fees
Bywoning: Die register is deur 90 mense geteken, maar daar was minstens 14 besoekers wat bygetel moet word. Albei hooftakke van die Lindes was verteenwoordig, maar die Vrystaters was in die meerderheid.
Rustige atmosfeer: Daar was min georganiseerde aktiwiteite. Dit het aan die fees ’n rustige karakter gegee met baie tyd vir kuier en ontspan.
Oorkonde: Omdat Manie Linde, die organiseerder van die vorige fees, ongesteld was en nie die fees kon bywoon soos hy beplan het nie, is die oorkonde Saterdagaand deur Annatjie Fourie aan ds Kobie Linde oorhandig.
Linde-sake: Dr Hannes Linde, voorsitter van die Lindebond, het op sy kenmerkende en kundige manier ’n uiteensetting van die geskiedenis van die familie en die sake van die Lindebond gegee en almal gehelp om hulle plek in die familie-register te vind.
