Theo Linde oorlede
Theo Linde van Upington is op 21 Augustus 2021 aan Covid-verwante komplikasies oorlede. Hy was 58 jaar oud. Ons meegevoel met sy vrou Lizelle en hulle kinders Janine, Corli en Theo en die hele familie. Theo stam uit die Leeuwrivierers van die Swellendamse Lindes. Hy was vir meer as dertig jaar in die motorhandel werksaam. Hy was ‘n geliefde persoon vir familie, vriende en kollegas.

