Fees 5: 27 tot 29 September 1991 te Wellington
1. In die hart van die Boland
In Linde-Nuus 17 van Januarie 1991 word aangekondig dat die volgende fees beplan word vir 24 tot 29 September 1991 in die Boland. In die volgende uitgawe van Junie 1991 word die plek gefinaliseer. Dit sal op Wellington wees, en wel op die kampus van die Hugenote-Kollege. Hans Linde en sy gesin van Wellington tref die reëlings.
2. Program
In Linde-Nuus 17 van Januarie 1991 word aangekondig dat die volgende fees beplan word vir 24 tot 29 September 1991 in die Boland. In die volgende uitgawe van Junie 1991 word die plek gefinaliseer. Dit sal op Wellington wees, en wel op die kampus van die Hugenote-Kollege. Hans Linde en sy gesin van Wellington tref die reëlings.
VRYDAG, 27 SEPTEMBER
14:00 Lindes begin aankom, nesskop en gesels
17:00 Verwelkoming, reëlings
17:30 Aandete
18:30 Kenmekaar, vertellings en gesels
20:30 Aandgodsdiens (ds Hannes Linde, 89, tans die oudste lewende Linde), tee/koffie
SATERDAG, 28 SEPTEMBER
08:00 Ontbyt
09:00 Verwelkoming van dagbesoekers, reëlings, kenmekaar, oorkonde oorhandig (Nic Linde, Frankfort)
10:00 Hannes oor die Lindes, vraetyd, familie uitlê, ontspan
10:30 Tee/koffie, fotosessie, Linde-vergadering
12:30 Middagete, gesels, rus, ontspan
15:30 Tee/koffie, groot rugby op TV (Tvl teen N-Tvl) OF Toer deur Wellington
17:00 Braaivleis, gesellige aand, aandgodsdiens (ds Frans Erasmus, Lichtenburg), tee/koffie
SONDAG, 29 SEPTEMBER
08:00 Ontbyt, gesels, ontspan
09:30 Erediens (dr Frans Linde, lektor Hugenote-Kollege)
10:30 Tee/koffie, gesels, ontspan
12:00 Evaluering, afsluiting
12:30 Middagete
14:00 Gesels, rus, oorbly of groet
3. Kenmerke van die fees
Bywoning: Dit was nou wel die kleinste Lindefees tot dusver, maar vir ’n streekfees was iets meer as vyftig lede voldoende. Dit was die fees wat die aanwesiges die intiemste beleef het, want die saambly en saameet in die koshuis het nie net die kuiertyd aansienlik verleng nie, maar ook die saamhorigheid gebring wat nodig is.
Reëlings: Hierdie Lindefees is gereël deur ds Hans Linde van Bybelkor op sy tuisdorp Wellington. Die feesgangers het tuisgegaan op die terrein van die Hugenote-Kollege en wel in die Friedenheim-koshuis. Almal is aangemoedig om vir die duur van die fees in die koshuis aan te bly om die groepgees en feestelike atmosfeer te bevorder. Hierdie fees was fyn, stiptelik en netjies gereël en beplan. Hans, sy vrou Susan en hulle span dogters het na ons elke behoefte omgesien – hulle is ’n pragtige gesin wat geoefen is om as ’n vriendelike, hegte eenheid op te tree.
Murray-Jubileumsaal: Die samekomste van die feesgangers is gehou in die Murray-Jubileumsaal wat al in 1905 opgerig is en vandag ’n nasionale monument is. Hierdie saaltjie was netjies ingerig met mooi blommerangskikkings, genoeg stoele, ’n uitstaltafel met allerhande Linde-goed om te sien en te koop, en ’n truprojektor met skerm. Dan was daar ’n groot stamtafel van die Duitse Linders af, ons stamouers tot vandag se Linde-kontreie. Voor hierdie stamtafel het ons vir ure gekuier en uitgepluis wie is wie en waar hoort ons.
Grondreëls en komitee: Tydens die Linde-vergadering is die Grondreëls van die Linde-familiebond bespreek en aanvaar en ’n komitee is verkies. Voorsitter: Hannes Linde van Johannesburg, sekretaris: Hans Linde van Wellington, Nic Linde (Frankfortse tak), Wilhelm Linde (Bruintjiesrivierse tak).
Oorkonde aan die voorsitter: Tydens die fees is ’n oorkonde aan Hannes Linde en sy vrou Kotie oorhandig om dankie te sê vir die maande se harde werk wat hy ingesit het om die geslagsregisters van die Lindes saam te stel. Die oorkonde is deur 49 feesgangers onderteken.

Agtien Vrystaatse Lindes het die moeite gedoen om die Lindefees in die hartjie van die Boland by te woon. Hier verskyn hulle voor die geskiedkundige Murray-saal op die terrein van die Hugenote-Kollege in Wellington.

Hannes Linde (Swellendamse Linde van Pretoria) was die oudste feesganger. Hier gesels hy met twee jong Vryburgers, Jurie en Jürgen, seuns van Hansie en Erika Linde van Vryburg.

Nic Linde van Frankfort oorhandig die oorkonde namens die Vrystaters aan Hans Linde van Wellington wat hierdie fees gereël het.

Tyd vir gesels was daar baie, veral rondom die etenstafel. Heel regs gesels Nic Linde van Frankfort met Wilhelm Linde van Nuy-kelder naby Worcester.

’n Aantal feesgangers stap op die pragtige terrein van die Hugenote-Kollege in Wellington met die Murray-saal in die agtergrond.