Jockey Linde oorlede
Jockey Linde (87) is in Julie 2021 aan Covid oorlede. Hy is ‘n Leeuwrivierer uit die Swellendamse Lindes. Hy het al die jare in Riversdal se distrik geboer en na aftrede in Stilbaai gaan woon. Ons innige meegevoel met sy vrou Elsabé en dogters Evaline, Hermy, Hannabé, Antionette en Louré en hulle gesinne. Ons sal Jockey se vriendelike glimlag en sy hartlike optrede baie mis.