Die kuns van Righard Linde en Ingrid Bredell

Righard Linde, Frankforter van die Vrystaatse Lindes, het groot naam gemaak as ‘n liriese tenoor. Hy word deur sy vrou Ingrid Bredell (saam met hom op die foto) begelei. Saam vorm hulle ‘n formidabele span. Righard het die Johann Botha-Musiekprys en die Mimi Coertze-Prys vir sy sang ontvang. Hy was operasionele bestuurder van die Brooklyn-Teater in Pretoria en woon tans in Tzaneen. Soos ander musici het hulle in die Covid-tyd dit moeilik gevind om hulle kuns te beoefen. Die Lindes kan hulle gerus ondersteun deur na hulle musiek oor die internet te luister. Besonderhede kan op sy Facebook-blad verkry word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

seventeen − six =