Cappie Linde oorlede

Cappie Linde is op 22 Januarie 2022 aan breinkanker oorlede. Hy was die derde kind van Engela en wyle Kobie Linde van Pretoria. Cappie was slegs vier maande siek en het, ten spyte van operasie en behandeling, vinnig verswak. Sy vrou Simona met wie hy elf jaar getroud was, het hom tot die einde met groot liefde en toewyding en die hulp van ‘n verpleegster, tuis versorg. Hy is die pa van Marco en Christiaan uit ‘n vorige huwelik. Hy laat ook sy suster Louise Mayer en broers Johan en Bennie na. Sy familie en vriende sal sy kalm wysheid, unieke humor en opperste sorgsaamheid bitterlik mis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

2 × 4 =