Wesselsbron-drieling
Die enigste drieling in die Linde-register is dié van Corlia en Marius Liebenberg van Wesselsbron. Corlia is ‘n Kareeklower van die Vrystaatse Lindes. Die drie is nou twintig jaar oud. Meliska werk by Itau-Meule in Bloemfontein, Marius by ‘n boer in Wesselsbron en Aniska by haar ouers se bedryf, Lieb-Hersteldienste in Wesselsbron.

