Haasjeskop-boerdery wen groot

Baie geluk aan Tonie Linde, uitvoerende hoof van die Haasjeskop-boerdery by Caledon. Dié boerdery is einde 2019 aangewys as Graan SA en Syngenta se graanprodusent van die jaar.

Tonie is uit die Voorrechtsvleiers van die Swellendamse Lindes. Hy het die boerdery geërf toe sy pa Anton in Tonie se matriekjaar tragies verongeluk het. Die plaas was in goeie hande terwyl Tonie B Rek studeer het, en hy het in 2012 by die span aangesluit. Hy fokus op die strategiese aspekte terwyl sy vennoot Willie Beukes vir die dag-tot-dag-bestuur verantwoordelik is.

Die Lindes is trots op jou, Tonie! Mag julle boerdery van krag tot krag gaan en mag die Here julle ryklik seën.

Kyk ook elders op die blad na ‘n video wat meer vertel oor Tonie en Willie se boerdery.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

one × 4 =