Gedenksteen vir Linde-stamvader

Dit was vir baie jare ’n ideaal van die Lindes om ’n gedenksteen vir die stamvader, Hans Jürgen Linde, op te rig. Toe dr Hannes Linde na jare se navorsing bo alle redelike twyfel aangetoon het dat hy in die ou begraafplaas by Lindeshof naby Riviersonderend begrawe is, het die familie begin beplan.

Op 24 September 2010 (Erfenisdag) is die gedenksteen tydens ’n Lindefees daar onthul. Vir meer besonderhede, lees Linde-Nuus 50 van November 2010 en Linde-Fees 12 van September 2010.

Vir diegene wat beplan om die begraafplaas met die gedenksteen te besoek, dit is geleë langs die ou Kaapse wapad op die plaas Leeukraal, ongeveer 14 kilometer wes van Riviersonderend (GPS: -34.131, 19.789).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

17 − four =