Jaco skryf oor sosiale media

Jaco Linde het onlangs op MaroelaMedia ’n artikel geskryf met die opskrif “Ek is klaar met sosiale media”. Hy sê onder andere dat hy moeg is vir sogenaamde kenners wat oor alles ’n uitgebreide opinie het sonder dat hulle verstaan waaroor dit gaan. Sosiale media is verslawend en plaas jouself in die sentrum – alles gaan oor jou, jou belange, jou opinies.

Die probleem met sy generasie, meen hy, is dat hulle met sosiale media grootgeword het. Hulle ken nie ’n realiteit daarsonder nie. En tog hou iets hom terug om sosiale media heeltemal uit sy lewe te vee. Sê nou die Here het ’n doel met sosiale media. En as Hy het, wat is dit? Dan dink hy aan Jesus se woorde: “Julle is die lig vir die wêreld.” En hy besef: God roep ons om nie wêreldvreemd te wees nie. Ons moet weet wat in die wêreld aangaan, sodat ons die evangelie ook daarin kan bring.

(Jaco is die jongste seun van Louis en Elsje Linde van Louis Trichardt. Hy kom uit die Dealesvillers van die Vrystaatse Lindes. Hy studeer tans Teologie aan NWU.)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × 1 =