Jaco Linde georden
Jaco Linde, Dealesviller uit die Vrystaatse Lindes, is in Junie 2021 as predikant van die Gereformeerde Kerk Witrivier georden. Sy broer Lohan (links op die foto) het hom bevestig en sy oupa, prof Koos van Rooy, het die diens gehou. Seënwense vir Jaco en sy vrou Suzaan in die nuwe werkkring!

