Nathan en Neale
Vir Andrew en Jacquet Bradford van Australië is onlangs tweelingseuns gebore, Neale en Nathan. Baie geluk aan julle, en ook aan grootouers Emile en Elsabe Kromhout van Johannesburg, Pietersdalers van die Vrystaatse Lindes. Mag dié oulike seuntjies vir julle almal groot vreugde bring!


