Linde trou met Linde

 

Die amper ondenkbare het toe sowaar vroeër vanjaar in Winburg gebeur. ’n Swellendamse Linde is met ’n Vrystaatse Linde getroud! Die gelukkige bruidegom is Theunis Linde, seun van Jurgens en Maria Linde van Williston (uit die Leeuwrivierers van die Swellendamse Lindes). En sy bruid is Tharina Linde, tweede dogter van Gerdus en Ina Linde van Brandfort (uit die Kareeklowers van die Vrystaatse Lindes).

Die seremonie was ’n feestelike geleentheid met baie Lindes van albei kante teenwoordig. Die Lindes wens julle ’n lang getroude lewe met baie voorspoed en geluk toe. Ons hou julle doen en late met belangstelling dop.

Op die foto is Tharina saam met haar sussie, Sumarie.

Theunis en Tharina het hulle wittebrood met ’n uitgebreide reis in die Wes-Kaap gevier. En toe hulle by Wellington aandoen, was ek gelukkig genoeg om hulle in die Spur te ontmoet en lekker te gesels. Voorwaar ’n aangename ontmoeting!

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

4 × 1 =