Anrich Linde
Baie geluk aan Louw en Wilma Linde van Kimberley met klein Anrich wat onlangs gebore is. Louw is ‘n Frankforter van die Vrystaatse Lindes en werk as finansiële bestuurder by Malu Pork. Wilma is remediërende onderwyser by die Elizabeth Conradie-skool. Mag hy vir julle baie vreugde bring!


